'n Glimlag ,skitter blinker as n veld sonneblomme
- Sindey Odendaal
- Apr 6, 2022
- 2 min read
Updated: Apr 7, 2022
Die Jones familie
Hier op Hennenman, waar die sonneblomme al regstaan om gestroop te word, het die Jones familie kom kuier vir hul fotosessie saam met InFocus Photography. Hul skitterende oë en opgewondenheid het die hele sonneblom veld nog verder opgehelder.
Terwyl hulle heerlik piekniek gehou het, het Irene-Louise Van Wyk kliphard vir ons deur die luidsprekers van die blêrkassie "Tekkies Brand" gesing. Hier in die Vrystaat is dit nie tekkies nie, dis vellies!
Die seuns se keurspel van liedjies het 'n jolige atmosfeer geskep en die Jonesies het sommer gou vergeet van die hele "fotosessie". Hulle het al te vrolik litte losgemaak en hulself terdeë geniet.
Dis altyd 'n goeie idee om jou lys van gunsteling liedjies aan die fotograaf te verskaf.

Ons kan tyd, wat nooit stilstaan en vir niemand wag nie, kul met foto's. 'n Foto is 'n presiese afdruk van tyd.
Die atmosfeer en emosies op daardie spesifieke tydstip word verewig vasgevang op 'n foto.
Eendag as ons oumas en oupas is, en na 'n foto kyk, sal ons weggevoer word in tyd tot op daardie oomblik in die foto waar ons die emosies en spesiale oomblik weer saam met ons geliefdes herleef.

Dit maak nie saak hoe jy 'n fotosessie beplan nie, dit verloop net soos elke oomblik gebeur. Daarom is dit belangrik dat almal welkom voel en gemaklik is, sodat hulle vryheid kan gee aan hulle emosies.


Carine se keuse van kleur skema het perfekte harmonie geskep met mekaar en die omgewing.


'n Sonneblom is vir my 'n blom van Hoop. Dit lyk vrolik en bring 'n glimlag op jou gesig. Laat ons dan as families soos sonneblomme maak: as dit bewolk raak en ons koppe wil sak, draai ons na mekaar toe, en helder mekaar op met die krag van 'n vriendelike gesiggie.
.....
Baie dankie aan die pragtige Jones familie wat my toevertrou het om hulle familie se kosbare oomblikke deur my lense vas te vang.
Liefde
Cindy
























































Comments